Snaarinstrument

Verskeie snaarinstrumente.

Snaarinstrumente vorm 'n uitgebreide groep instrumente wat klank kan voortbring deur een of meer snare te pluk (te tokkel), te stryk of te hamer. Wanneer die snare verkort word, word die trillingsfrekwensie verhoog, wat veroorsaak dat die toon verhoog. Die snare word van uiteenlopende materiale, soos derms, perdehare, katoen, sy en metaal, vervaardig.

'n Oertipe van die snaarinstrument is die musikale boog: wanneer die gespanne snaar van die boog losgelaat word, word 'n geluid deur die trillings voortgebring. Hieruit het 'n instrument ontwikkel waaraan daar 'n resonator toegevoeg is ten einde die swak klank te versterk. Die resonator was 'n kokosneut of kalbas of is uit hout vervaardig. Snaarinstrumente word in die algemeen onderverdeel in tokkelinstrumente (plukinstrumente), strykinstrumente en klaviatuurinstrumente.

Die eerste twee groepe word benoem volgens die manier waarop die snare bespeel word, en die derde volgens die meganisme waardeur die handeling na die snare oorgebring word. Met behulp van so 'n meganisme kan die snare getokkel (gepluk) of gehamer word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search